Toe lees ek mos as 8-jarige laaitie die boek. Nou is daar klomp goed wat ek nie mooi verstaan nie. Nou sien ek maar Jack is die held in die storie. Maar die saak maak nie vir my sin nie.
 
 
 
Jack word deur sy Ma gestuur om die koei te verkoep. Toe volg die blikskottel nie sy Ma se raad nie en maak n Dom transaksie vir boontjies. Toe die boontjies weggegooi word groei dit. Toe klim die Dom klong die boontjies en gaan roof en besteel iemand anders se waardevolle goed. Toe die ou uitvind van die Dom skelm Jack se inbraak,toe vlug Dom Jack. Maar toe vermoor Jack die ou. Toe is Jack somma die held in sy Ma se oë want sy kry mos nou benefits uit die saak al is dit moord.
 
 
 
Toe sê my kinderbreins vir my, ek moet net mooi watch wat ek lees. Toe jare later toe besef my kinderbreins dat dit die Engelse se manier van justification was om hul kinders te brainwash, dat dit okay is om in n ander land in te gaan om te roof,plunder en vermoor...
 
 
Nou likes ek nie Meer vir Jack nie want hys n Dom, Skelm en Moordenaar.
Plus hy word as die Held voorgehou!!
Arme Reus, het vir hom niks gemaak nie en was happy voor hy daar uitgestiek het. Ingelse propoganda het gewerk.
 
 
Hulle het die wêreld gekoloniseer en die skatte weggedra. Nou is die pond steeds sterk...