Monday, 05 April 2021 09:27

Die skandes van UCT en my Sub A poppehuisie-experience! Featured

Written by Mavis Vannie Lavis
Rate this item
(1 Vote)
Gisteraand chat ek te heerlik met ‘n vriendin Deidré, met wie ek in die 80s grootgeword het. In 1983, toe ons in Sub A was, het ek die eerste keer vir Deidré ontmoet. Deidré was baie slim maar ons Juffrou het haar in die klas se stadige Slakkie-groep gesit omdat sy gehakkel het.
 
 
Ons ontmoeting het daartoe gelei dat ek gereeld na-skool poppehuisie by Deidré en haar gay broer in hulle groot huis in Skoolstraat gaan speel het. Dan was ek die ma, en haar broer, die pa. Partykeer wou die broer die ma wees, dan was ek die pa. En my naam was altyd "Sue-Ellen" of "Bobby".
 
 
Een dag, tydens poppehuisie, sien ek op Deidré se kombuistafel lê ‘n lekker warm steak-and-kidney-pie. Omdat poppehuisie altyd 'n ‘fond and distinct reality’ vir my was, het ek tydens my rol as poppehuisie-ma altyd die rol van 'n decision-maker en matriarg gespeel. Poppehuisie het agency vir coloured kinders gegee. Daai dag besluit ek: Pies is presies wat ek en my kinders gaan eet vir ‘supper’ in die ‘huis’.
 
 
Toe Deidré se uncle uit die toilet uitkom, soek hy sy pie. Dis toe dat die mal uncle stoele begin omgooi, en vir "Sue-Ellen" begin choke oor sy pie. Daai dag was ek van kassie-tot-laai in my skoolklere gegooi, gemoer en gewurg, terwyl my kop teen al wat sideboard ornament gekap was.
 
 
Gisteraand gesels ek en Deidré oor die lewe. Deidré het intussen ‘n onderwyseres en ‘n gangster’s wife geword. Haar hakkel het opgehou, en sy was nogsteeds so dierbaar soos altyd.
Ons het gesels oor haar uncle met die pie wat nou op SASSA is, oor haar kat wat addicted is aan jazz en Netflix, oor die kinders wat nie Afrikaans by Stellenbosch mag praat nie, en oor gister se nuus oor UCT.
 
 
Vir my was Stellenbosch se issue nog altyd 'n tempest in a teacup in vergelyking met UCT. Wim de Villiers én Ronel Retief moet dit net alles intern uitsorteer, en ek sal hulle verniet help. Dit het nie politieke inmenging nodig nie. Net ‘n paar moerse klappe en letters of dismissal.
 
 
Ons gesels toe oor UCT se case. UCT is vir my ‘n poppehuisie-met-‘n-steak-en-kidney-pie case, met ‘n mal African ma wat out-of-sync is met haar own realities. En dis eintlik baie sad. Vir die wat nie die case ken nie, hier is wat gister gebeur het.
 
 
Professor Loretta Feris, ‘n black academic of coloured descent is ge-axe (IOL Online, 2021). In haar plek is ‘n 72-jarige Engelse boere man met 40-years-museum-experience aangestel. Ek ken die man nie, maar wat ek weet: Indien daai Engelse man ‘n coloured, swart of Afrikaner man was, met 40-jaar museum experience was hy lankal op SASSA gesit.
 
 
Maar hier is 'n vraag wat eintlik verskans word: Waarom word my Afrikaanse vriende steeds geblame vir Apartheid, maar English colonialism word vergeet deur ‘n UCT African leier, nadat die Engelse ons wit mede-Suid-Afrikaners (wat eie is in ons land) in konsentrasiekampe gesit het?
 
Vergeet ons die geskiedenis deur selective amnesia? Appoint dan liewer ‘n wit, Afrikaner man onder 60, wat konteks verstaan. Dalk kan UCT iets leer! Want ek het vir myself 'n wit Afrikaner man onder 60 appoint, en elke dag leer baie by my boere man!
 
 
Professor Loretta Feris word ook geblame omdat die UCT se African-black leier nie die mas kon opkom nie. Déjà vu, soos baie politici en ministers? Waarom in vandag se lewe, word African incompetence steeds geshift na 27-jaar-van-demokrasie? Of is deel van African-leadership om soos ‘n hyena bank toe lag, terwyl jy nie ownership van jou responsibility kan vat nie?
 
 
Maar hier is die punt wat my wys dat groter fout in die systems van UCT lê: ‘n Totaal van 19 uit die 29 het ten gunste van die Engelse 72-year-old English white museum worker gevote. Ek is seker met sy aanstelling, kan UCT weer guest lectures oor decoloniality hou, waarvan hulle self nie hul eie decolonial theories as continental leader kan internalise en kan rolemodel nie.
 
 
 
So, my support (soos ook die support van baie Suid-Afrikaners) gaan aan Professor Loretta Feris. Want waardeur sy gaan het 'n constant African reality geword.
 
 
En soos Zuma, met sy Sub B-domgat, my tydens sy presidency geleer het: Being an African does not make you an African. Because, if it did - you would think like a human not a fool.

Leave a comment

Make sure you enter all the required information, indicated by an asterisk (*). HTML code is not allowed.