Tuesday, 08 February 2022 18:35

Die Broosheid van Witwees: Het Witmense Na 1994 Werklik Verander? Featured

Written by Mavis Vannie Lavis
Rate this item
(0 votes)
Mavis Vannie Lavis deel 'n interresante en verfrissende mooi voorgelegde perspektief oor ontwikkelinge in rasseverhoudings in Suid-Afrika. Ongelukkig het dit die tragiese voorval van die moord op klein Jerobiojin van Wyk (13) te Klawer gekos om so op Mavis se unieke wyse ontleed en blootgelê te moes word.
Die antwoord op Mavis se vraag en die wyse waarop Mavis dit beantwoord sal jou dalk verras....
 
 
‘Die broosheid van wit-wees: Het witmense na 1994 werklik verander?
deur Mavis Vannie Lavis
 
 
As kind het my pa en ek gereeld verby ‘n groot kerk in die hoofstraat van Kuilsrivier gery. Die kerk, het ‘n swart haan op sy toring gehad. Een Sondag in Mei 1986, het ek gesien hoe boeremans en boerevroue na hul diens uit die kerk stap. Niks was dan vir my mooier; as om die skeppende beeld van ‘Boet-en-Saartjie’-boere met groot hoedens en bybels - op die trappe van die kerk te sien nie. En dit was ‘n beeld wat steeds na soveel jaar, vir my behoue gebly het.
 
 
In die jare 90s, was ek opgeroep om as tiener ‘n gebed vir ‘n Christelike samekoms vir die jeug in Bellville te doen. Dit was deel van ‘n een-of-ander versoeningsdiens na Mandela se vrylating. Ek het my plek voor die kansel ingeneem in ‘n floral outfit, ‘n paar Doc Martins, ‘n moerse hoed en satin gloves. Na my pragtige en sielsrukkende gebed, het boere-tieners na my gestroom en gevra of ek werklik in God glo, en of ons ook kerke het in die plekke waar ons woon. Dié vraag het my, vir 'n heel ander rede, onkant betrap. Want buiten die kerk in Kuilsrivier - én dan dié kerk, het ek nooit werklik besef dat daar meer as dié twee kerke vir boere bestaan nie!
 
 
Na die diens was ek in ongemak gedompel. In my floral skirt, en moerse hoed het ek daai spesifieke dag ‘n indeks geword van ‘n groter sisteem wie se struktuur gefloreer het op vooroordeel. Nog groter, het dit ook plek gehad vir rassistiese sentimente, politieke, sosiale en sistemiese verdrukking, persoonlike oordeel, en besonderse siek narratiewe. En alles dit was deel van nog dieper leuens en denkbeeldige vyande. (Iets wat nogsteeds integraal deel uitmaak van die huidige politieke status quo, wat ek eendag oor gaan praat).
 
 
Die krag van rassisme lê dieper ingewortel as ons persepsie rondom die konsep. Rassisme en klassisme was deel van ons skool, die winkels, die kerk, ons vriendekring en ons lewens. Rassisme was onlosmaaklik deel van ‘n ongesofistikeerde perspektief, wat blatante vooroordeel genormaliseer het. En dit was genormaliseer en aanvaar by ons skole, waar ryk kinders beter geleenthede gekry het as arme kinders, en waar woorde soos ‘ingang’ en ‘toegang’ - en ‘gelykheid’ en ‘billikheid’ mense in verskillende kategorieë binne die lewe geplaas het.
 
 
Die Klawer-geval is ‘n geval van juis dit. Nadat die ma van Jerobiojin van Wyk (13), by die polisie gaan kla het was sy twee keer die deur gewys deur swart polisiebeamptes, wat veronderstel was om die konteks van onbeantwoorde vrae en 'gebrek aan toegang' tot dienste as 'n geskiedenis beter behoort te verstaan. By die polisie, het die ‘ingang’ na die polisiekantoor, nie tot ‘toegang’ tot dienste vir die ma gelei nie. Net so het ‘gelykheid’ van diens, nie ‘billikheid’ van diens in ag geneem nie. Nie vir 'n arm ma wat haar kind soek nie. Met al dit in ag geneem, lyk dit weereens na ‘n ‘white is right’-situasie, maar eintlik is dit nie.
 
 
Die situasie is dit: Daardie 56-jarige man se lewe het hom betyds ingehaal. Want op daai betrokke dag het wittes en kleurlinge in één straat op één stowwerige, klein dorpie, na 28-jaar saamgekom – om te sien hoe iemand se verlede hom deur sy eie swak morele kompas, inhaal.
In my lewe, was ek al deur hel-en-terug met rassisme. Ek was al elke naam onder die son genoem. Twee jaar terug, by ‘n funksie het ‘n jong Engelse meisie van Wynberg vir my gelukgewens met één of ander toekenning wat ek gewen het. En na 'n gesmeek stem ek toe dat haar vriendin ‘n foto van my neem. Die volgende dag stuur daai wit meit, daai einste foto vir mense via WhatsApp, en bevraagteken my kwalifikasie tot die toekenning.
 
 
Toe kry ek ‘n epos van haar man met screenshots van die boodskap, om haar by my te piemp. En selfs jaloesie en vernynigheid kan ek verstaan - tog was daar 'n ironie in dit alles, want: ‘n Paar maande later bied die einste teef en haar vriendin, ‘n lieflike en beautiful talk aan oor ‘Critical theories in understanding systemic racism in Africa’. Nou dit is 'n lyn, wat selfs Afrikaans sprekende witmense nie gou sal oorsteek nie, hoewel hul meer sosiaal kwalifiseer om daaroor te kan praat.
 
 
Op Netwerk24 se kommentare (én prys-die-here-ek-is-geblok) het ek probeer sinmaak rondom wat eintlik met brose, regsgesinde Afrikaners na 1994 verkeerd geloop het. Is hulle net onnosel, of is die liberale, goedgesinde witmense vir hulle net myle vooruit, waarvan hulle die gaping nooit in een leeftyd sal kan inhaal nie? Want --- iets moés gebeur het tussen die kerk-met-die-haan-op, en die hede.
 
 
Toe ontdek ek iets baie interessant: Buiten die feit dat rassiste (oor die algemeen, en dit sluit enige bevolkingsgroep in) se spelling van woorde, sinne en idees die kakste in die wêreld is, verafgod hulle altyd die half-skerpste mes in die laai.
 
 
Maar – wanneer dit by Afrikaners kom, is rassistiese Afrikaners nie dom nie. Afrikaners, kom uit 'n geskiedenis van oorvloed. En, met dit beskik hulle wel oor die verstandelike kapasiteit om te kan dink, juis omdat hulle onderrig relatief goed was! Maar die fout rondom hulle verstandelike kapasiteit lê juis in WAT én HOE hulle dink.
 
 
Regse Afrikaners dink en fungeer soos die bou van die "Toring van Babel." Hoé meer en hoër hulle dink, hoe méér kak gaan hulle aanvang. En dan begin hulle onder mekaar kaksoek, download boeke illegally af via Telegram, gooi mekaar met bakstene en so fok allie dommes saam van die toring af.
 
 
So, het witmense na 1994 verander? Ek dink hulle het. Want voor 1994, sou geen liberale wit persoon voor ‘n hof opdaag of in die publiek ondersteuning bied teen hulle eie mense - waar mense van hul eie, of ‘n ander ras, geraak of bedreig was nie. Liberale witmense, sal baie maklik hulle monde oopmaak, indien daar iets fout is. Ek het gesien hoe liberals, die regses sleg vertel op die Klawer-saak se blad, terwyl ek soos 'n Pinkster-meisie agter my rekenaar soos 'n bitch hande klap.
 
 
Terug by die realiteit: Rassisme onder enige ras sal nooit werklik sterf nie. Daar is te veel lae, eensydige sentimente en vooroordele rondom dit. Maar wat ek voor dankbaar is, is dat ons in 'n tyd van sosiale media kan leef, wat vir ons mekaar 'n kans na 1994 bied om mekaar te kan leer ken, ongeag plek, ruimte of tyd.
 
 
In die geval van Daniel Smit, die vermeende moordenaar van Jerobiojin van Wyk (13), is ek bly dat sy prokureur, Santie Human eerlik was met Suid-Afrikaners, en oor die vier vermeende moorde op die Smit-kerfstok.
 
 
Maar Suid-Afrikaners moet net weet: Moenie ras in sulke sake raaksien nie. Dink aan die Valencia Farmer, Anene Booysen, Tazné van Wyk, en Jesse Hess sake. Hou julle oë gefokus met wat volgende gaan gebeur: want daar is altyd iets, wat dieper in die mens se siel of psige opgesluit lê, wat volgende as kaart in die hof gespeel gaan word. Dan dan gooi ons as publiek die volgende kaart as 'n kollektief.

Leave a comment

Make sure you enter all the required information, indicated by an asterisk (*). HTML code is not allowed.