Tuesday, 04 October 2022 15:22

Kom 'Coloured Influencers' Goed Met Mekaar Oor Die Weg? Featured

Written by Mavis Vannie Lavis
Rate this item
(0 votes)
Kom 'Coloured Influencers' Goed Met Mekaar Oor Die Weg? Angela Franklin on Unsplash

Ek kry die laaste ruk baie fanmail om te vra of ‘coloured influencers’ goed met mekaar or die weg kom. Dan was ek ook gevra oor hoe groot die kompetisie of druk onder mekaar is, en oor die juicy-ness van backstabbing, en presies hoé popularity onder ons werk.

 

Maar laat ons eers die probleem met die concept rondom ‘being coloured’ en being 'an influencer' aanspreek. Dr Diana Ferrus som almal in Suid-Afrika in haar werke die beste op, deur te sê; ons is ‘gemeng’. So, indien Verwoerd of Botha met hul onvoltooide grade en ‘missing thesis chapters’ genot gevind het om Suid-Afrikaners te klassifiseer is dit op hulle. It is none of my business. That is why I'm here, and they are not. And I thank you.

 

So, is daar kompetisie? Ja, daar is – maar in my ervaring - baie gesonde kompetisie. Elke coloured influencer het hul set medium (wat kan strek van vlogging, text, memes, statuses), hulle audience, hul appeal, en hul boodskap. En so het ons ook ons niche areas. Baie doen, wat ek nooit sal doen nie. Ek het nie die tyd om myself elke oggend make-up vir boodskappe nie. Ek likes slaap. Ek adverteer ook nie produkte nie, want ek weet niemand se velsoorte of hare is dieselfde nie. En wie het duur creams nodig, indien Eskom anyway vir ons virre gat vat?

 

Indien ek opportunities kry wat nie in my niche area val nie, sal ek ander kontak, en andersom. My niche area is human rights, authentic visibility, voice en equality. Dis waarom ek my stories deel.

My storie kom vanuit my hart, wie ek is en is sonder blommetjies of raampies om teks. In my leeftyd het ek gevind, dat die Apartheid-sisteem wat alle Suid-Afrikaners, ongeag hul velkleur verdeel het, juis ons deur daai terrible ervarings bind. Maar dié verband moet ons verstaan en ook kan deurwerk.

 

Toe Covid-19 gebeur, het die pandemie ‘n deel van ons menswees (ongeag grense) gebreek en gebind. Families het gesterf dae agter mekaar, en is op onpersoonlike manière weg van families, en vriende verskeur. Selfs kinders wat die vorige dag voor jou gespeel het, is weg. En dit het gevoel soos ‘n fokken meul wat draai en draai, terwyl almal wonder wanneer dit ophou, sonder om die fokken plug net af te te sit.

Image by Rami Al-zayat on Unsplash

As ‘n influencer was daar al physical ‘hits’ op my. ‘n Suid-Afrikaanse joernalis het my as ‘n Facebook ‘moeilikheid-maker’ oor Pages verkondig, dan was daar die DF Malan en Franschhoek hoërskool-sages. Maar dit was minimaal - want almal het geweet – I am not going to step back. En so weet ander ook, ek is ‘n vuilgat. My kaarte is al van Sub A af al, teenaan my bors. Dis waarom my paint-overall altyd die natste was innie klas. Want my pad was nog altyd nat.

 

En wanneer kom my boek uit? Vroeg 2023. Op die stadium focus ek vir eers op Ryk Neethling want in my boek moet eindig met die boodskap “Dreams do come true”. So, of ons kyk ma...

Leave a comment

Make sure you enter all the required information, indicated by an asterisk (*). HTML code is not allowed.