Thursday, 01 December 2022 16:02

Amigo se Raak Rustig is 'n Somer Treffer Featured

Written by
Rate this item
(0 votes)
Screenshot; Amigo Raak Rustig Lyrics Video Screenshot; Amigo Raak Rustig Lyrics Video

Raak Rustig deur Amigo word in 'n lekker saamsing Neo-Soul RnB Hip Hop styl gedoen en bevat ook sterk invloede van Jazz.
Ons reken hierdie nuwe liedjie van Amigo gaan nie net groot wees hierdie somer nie, maar gaan nog lank in die toekoms hoog op aanhangers se persoonlike snitlyste woon en mense kan ook leer om saam te sing met hom lirieke-video, wat ons natuurlik verder onder in die artikel vir julle ingegooi het.

 

Sanger en Rap-kunstenaar Amigo, ook bekend as Mario Laaistock, wie op 21-jarige ouderdom in 1994 blind verklaar is, woon al vir die grootste deel van hom lewe in Eersterivier en is eintlik 'n boorling van Elsiesrivier waar hy grootgeword het.
Amigo het al van jongs af die droom gehad het om in die musiekbedryf te wees en hy het nie dat sy blindheid hom van stryk af bring nie.

 

 

Die Afrikaanse RnB Hip Hop liefdesliedjie met sy Neo-Soul en Jazz invloede gaan oor uitdagings wat baie paartjies, jonk en oud, in hulle verhoudings ervaar en is iets waarmee meeste mense kan vereenselwig.
Die algehele klankgehalte en vermaaklikheidswaarde van Raak Rustig wat op 1 Desember uitgereik is gaan verseker dat Amigo se reeds-groeiende gehoor nog veel groter gaan uitbrei.

 

Amigo sing Raak rustig uiters gemaklik in Kaaps oftewel Afrikaaps, maar op 'n manier wat dit maklik toeganklik en "saamsingbaar" maak vir enige Afrikaansprekende van enige van die vele ander dialekte.
Algeheel voel die song asof dit goed gaan werk op die dansvloer en daar moet iets groot fout wees met plaaslike radiostasies as hulle dit gaan miskyk.
OK... Ek het daai woord "saamsingbaar" uit die lug gegryp en ek weet glad nie eens of dit bestaan het nie... So nou bestaan hy, want daai is hoe taal mos eintlik werk.


WATCH Amigo - Raak Rustig (Lyrics Video)

 

Anyways...
Amigo is geen 'new-kid-on-the-block' nie, en sy twee onlangse collabs saam met Bliksemstraal, 'Body' en 'Pregnant' het 'viral' gegaan in woongebiede regoor die Kaap, asook in ander dele van die land, en van so ver as George op die Tuinroete na Windhoek in Namibië.
Behalwe hom werk met Bliksemstraal het Amigo ook in die verlede collabs gedoen en opgetree saam met bekendes in Hip-Hop kringe soos Melli Grey, Niko10Long, Benjamin Voete en Remy E.

 

In 2018 het Amigo by die ATKV Crescendo-musiekprogram aangesluit waardeur hy liedjieskryfwerkswinkels bygewoon het en in 2019 het sy liedjie “Koud Daar Buite” verseker dat hy as Crescendo Finalits gekies is.
Koud Daar Buite is as enkelsnit uitgereik en kan steeds op verskeie radiostasies gehoor word.
Nou met hom nuwe bestuurspan en die vervaardigers met wie hy saamwerk wil Amigo die musiekbedryf warm maak.

Amigo is al baie jare gewoond daaraan om voor groot gehore op te tree - Foto Verskaf


Die Neo-Soul Hip Hop-vervaardiger en rap-kunstenaar Perspektif het die jazzerige klankbaan vir Amigo se lekker saamsing liedie vervaardig en verwerk.

Raak Rustig is uitgeriek deur Amigo se nuwe bestuur, die publiseerders en vermaaklikheids bestuur maatskappy Agapanthus Street Media.

 

Raak Rustig se Lirieke-Video bevat die korter radio weergawe en kan op YouTube gestroom word.

Aanhangers kan die vollengte weergawe van Raak Rustig by Agapanthus Street Media se Band Camp koop teen USD1.50.

https://agapanthusstreetmedia.bandcamp.com/track/amigo-raak-rustig

 

 

Amigo handelsware oftewel merchandise soos in Ingels gesê word, is ook by Agapanthus Street Media beskikbaar en kan ook binnekort op hul Bandcamp blad gekoop word.
Dit sal T-hemde, Hoodies, en items soos koffiebekers insluit, alsmet Amigo se logo's en sêgoed daarop.

Amigo is ook al vir jare gewoond daaraan om voor groot gehore op te tree en belangstellendes wie hom wil bespreek kan sy bestuurder Rozzano Davids by Agapanthus Street Media kontak.

 

Vir Info, Bespreekings en Handelsware:
Agapanthus Street Media (Pty) Ltd
Rozzano Davids
072-424-3360
www.agapanthusstreet.co.za
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 



 

 

Leave a comment

Make sure you enter all the required information, indicated by an asterisk (*). HTML code is not allowed.