Displaying items by tag: Taal

Omtesê, somma 'n helese Drietalige Dictionary van Kaaps, en djy van alle mense kan oek deel wies ha'van.*
Of dit nou 'n storieskrywer of digter is, 'n rapper of sanger is, 'n verhoog, film en tv akteur of  vermaaklikheids-kunstenaar is wie hulle ding kyk in Kaaps oftewel Afrikaaps en of dit nou maar net iemand is wie 'n voorliefde het vir Kaaps en die taal van nature daagliks gebruik is die Drietalige Woordeboek van Kaaps iets wat jou en ons almal se uitkyk op taalgebruik kan verander.
The exciting thing about the Kaaps Dictionary project is that you can become part of the process.
Published in Community News
Sunday, 11 September 2016 15:33

Kanonafvurings by Taalmonument Gee Groot Aanstoot

Ons mense is ontsetlik Lief vir Afrikaans, maar ons taal wat ons so liefhet, het ontstaan uit geweld.
Die geboorte van Afrikaans was die dood van ‘n groot getal Khoe en San tale waarvan net ‘n paar nou oorleef en letterlik uit ‘n dreigende dood gered moet word.

Dit was Geweld teen Ons Khoe en San lewens, ons kultuur en ons tale asook geweld teen die lewens, kulture en tale van ons slawe voorouers uit ander Afrika-lande en die Asiatiese lande wat die grondslag gelê het vir die nuwe taal wat Ons Voorouers noodgedwone moes ontwikkel en waarvan ons ook later deur geweld onteien is asof ons geen deel in die ontstaan daarvan het nie.

Published in Opinions